Solidariteit Helpende Hand het 50 skooltassies gevul met skryfbehoeftes aan behoeftige Afrikaanse graadeentjies van die Laerskool Voortrekker-Eeufees geskenk as deel van die organisasie se tweede Skooltassieprojek. Voortrekker-Eeufees is een van die nagenoeg 70 skole regoor Suid-Afrika wat by die projek baat. Meer as 2 500 graad eentjies sal vanjaar skooltassies deur die projek ontvang.
Volgens Dr. Danie Langner is die Skooltassieprojek in 2007 vir die eerste keer aangepak en is daar verlede jaar sowat 2 000 skooltassies aan behoeftige graad een-leerlinge geskenk. “Jaarliks moet duisende Afrikaanse kinders vir die eerste keer skooltoe gaan, maar weens geweldige armoede moet hulle dit sonder die nodige skryfbehoeftes aanpak. Helpende Hand probeer deur sy Skooltassieprojek uiteindelik toesien dat dit nie meer hoef te gebeur nie,” verduidelik Langner.
Ondersteun gerus Solidariteit Helpende Hand wanneer u kan en sien ook die video waar die Skooltassies oorhandig is.
Helpende Hand, Laerskool Voortrekker Eeufees, Pretoria-Noord, Suid-Afrika
Last updated 891 days ago by Schoolmaster
|
Sponsored by Travel Action |
|
|